Nadia Louw

PASSIE.MUSIEK.LEWE

— NADIA —

VAN DAAR TOT HIER

Nadia Louw is gebore in Kaapstad waar en met groot passie haar loopbaan in die musiek bedryf begin en gevestig is. Nadia het egter nie soos meeste kunstenaars van kleins af daarvan gedroom om musiek haar loopbaan te maak nie…dit het heel onverwags gebeur.

 

 

Dit was eers na haar deelname aan die “World Wide Championships of Performing Arts” in Los Angeles waar musiek Nadia se voltydse beroep geword het. Na slegs ‘n paar sanglesse het Nadia weg gestap met ‘n 3rde plek vir oorspronklike musiek asook ‘n rits ander prestasies. Die gogga het gebyt en Nadia was op haar gelukkigste op die verhoog!

 

Vandag het Nadia reeds 4 albums uitgereik. Nommer een was ‘n volledige Engelse album “From a girl to a Woman” wat 11 oorspronklike liedjies bevat. Die 2de album was haar debuut album, “Plain Jane”. Met hierdie hierdie album het Nadia werklik haar merk in die musiek bedryf gemaak deur binne enkele weke op DKNT se Top 10 te verskyn. In 2011 het Nadia haar 3de album,“Ek mis jou so vanaand” vrygestel waarvan verskeie liedjies uit haar eie pen gekom het, onder andere die titelsnit. Liedjies soos “Briefie uit my hart” en “Ek mis jou so vannaand” was vir weke lank op Bok Radio se top 40.

Nadia se nuutste album, “In liefde glo” is sopas vrygestel. Nadia het ‘n jaar en ‘n half aan hierdie album gewerk saam met fantastiese mense wat haar bygestaan het. Hierdie album bevat ‘n verskeidenheid genres en daar is iets vir almal se smaak. In liefde glo weerspieël Nadia se uitkyk op die lewe en elke liriek kom reguit uit haar hart.

 

Maak seker jy kry vandag nog hierdie album!

 

Kom reis gerus saam deur Nadia se lewe van toeka tot nou op hierdie webtuiste.

 

Volg haar gerus ook op Twitter, Facebook & Instagram om op hoogte te bly van haar optredes.

 

Mag jy in liefde glo!!

 

Liefde

Nadia

— IN LIEFDE GLO —

NUWE ALBUM

IN LIEFDE GLO

KYK NA MY

SHUT UP AND DRIVE

DORING IN MY VLEES

ANGELO

KONTAK

HALLO.BESPREKINGS.NAVRAE.ALBUMS

Submitting Form...

The server encountered an error.

Form received.

NLE ENTERTAINMENT cc